Banner 1

Banner 1
/////////////////////////////////////////////////////////////////////////////

Sunday 18 December 2011

Gedigte uit 2010


Ek het verlief geraak op poësie in my matriek jaar en die sal die eerste keer wees wat ek my gedigte publiseer./////////////////////////////////////////////////////////////\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\
Ek het so hard gewerk aan hierdie gedigte dat ek braaf genoeg was om te sê ek gaan 'n digbundel uit bring oor ses maande. Ongelukkig / gelukkig (hang af van my dig talent) het ek bietjie stoom verloor en ander projekte gesoek om my brein te stimuleer.


Foto uit my matriek jaar, ek glo dis gepas.


Die Begin en Einde ons ou maats.
~Tinus Pieterse 2010-07-31
  

Sal jy verstaan as ek dit sê?
Ons asem gemors op wat ander glo
en wat hul sing tog uit verlê -
misverstaan ons nog aan ons vermoë.

Dat alles wat vir ons so mooi
gedagtes eenders vir hulle selde -
beteken wat janrap ons nooi.
Is die eindstryd maar dieselfde?

Kies hy tog verkeerde pad
sal ons volg nog so verward -
en wat ons doen en sê: naïef.
Is vir ons die ewig’ dood gekies?

Al is uniek tog dieselfde -
ignoreer die Oud en volg jou helde.
Verveel ons aan die Woord so aards -
Die Begin en Einde ons ou maats.



  •  Temas: 
    • Geloof
    • Vermaak

}DieModerneGebod}
~Tinus Pieterse 29 Augustus 2010


Lief het ek poësie, en ook so musiek,
lief het ek haar, so is my triptiek .
Hemels is die roomys, al maak dit my siek,
val dit teen die aarde, stof en vloek verdriet.

Wil ek dít uitsê en wedersyds herhaal?
Bewyse aan duisende nie barmhartig betaal.
Moet ek rus, geniet ek tog werk,
binne ses dae sal ek my tuin nie kan bewerk.

So getrou bly ek, aan my pa en my ma,
en oumas en katte en honde daarby,
mag ek nie, my hond doodslaan:
byt hy kussings en gaste en my.

Nie sal ek my vroue verneuk,
steel ek tog, deur my oog se gleuf,
vang hulle my met my uitkykers rooi,
sal ek sweer: daar is net één nooi.

Hunker ek wat môre bring;
vergeet ek van gister se buie.
Blink my buurman se kar wat sing,
knyp ek my oë toe, en bid vir my eie.

  • Temas:
    • Geloof
    • Sonde
~Tinus Pieterse 30 Augustus 2010
{Die prysvansweet]

Spoeg en tou
die lewe vou
en sweet en kleef
aan stof wat leef
‘n buig ‘n steun
laas’ asem kreun
trek in, proes uit
profyt –
geen leun.

  • Temas:
    • Werk

       (VieR dag WeeK)
                               ~Tinus Pieterse 31 Augustus 2010

Een helder dag
twee son’ wat skyn
teen hemel-blik
aan blou verstik.

Blink donker nag
drie wolk’ verskyn
die maan skeur oop
vier maal die pyn.

Vroegmôre smag
oor grasveld plein
vyf voël’ wat sing
voor ses nog bring.

Sew’ kleure trek
die meeste mag
met son wat rek
en swaartekrag.



  • Temas:
    • Natuur
    • Tydsverloop


((Lisp Liefde))
~Tinus Pieterse 1 September 2010


Daar is geen einde;
grensloos my gees.
Onbeperkte lyne;
so sag nes vlees.
So is my hart gesien deur blou:
so sag-sag smoorverliefs
op jou.




  • Temas:
    • Liefde

Ver uit Parys.
~Tinus Pieterse - 5 September 2010


Ontbind alles wat Aarde is,
loop weg van als kunsmatig is.
Bring jouself in aangesig:
voor die hemelruim vol kraters is.

Neem ons na die Maan so ver:
heuwels van geen teer tog grys,
‘n langnaweek ver uit Parys,
waar tyd nie sny so skerp soos skêre.

Vertel my wat die Sterre is,
verduidelik met geen einde nie.
Wys my waar die seine is,
die lig wat in die verre gis.

Skryf dit op jou Hart’s gesag:
met ink wat nooit jou bloed sal vlek,
met die sagte lyne van jou nek,
en lippe warm vol van smag.




  • Temas:
    • Liefde
    • Avontuur
    • Fantasie
    • Hemelruim

Digters en gunsteling gedigte wat as inspirasie gedien het in hierdie tydperk was:

~Ernst van Heerden~







~N.P. van wyk Louw~




~D.J. Opperman~







Wat my deur die blog gekry het:
  • Wie's Bang
  • Marlboro Gold
  • My Russel&Hobbs waaier (Dis 36 grade buite)