Ek het verlief geraak op poësie in my matriek jaar en
die sal die eerste keer wees wat ek my gedigte
publiseer./////////////////////////////////////////////////////////////\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\\
Ek het so hard
gewerk aan hierdie gedigte dat ek braaf genoeg was om te sê ek gaan 'n digbundel
uit bring oor ses maande. Ongelukkig / gelukkig (hang af van my dig talent) het
ek bietjie stoom verloor en ander projekte gesoek om my brein te stimuleer.
Foto uit my matriek jaar, ek glo dis gepas.
Die
Begin en Einde ons ou maats.
~Tinus Pieterse 2010-07-31
Sal
jy verstaan as ek dit sê?
Ons
asem gemors op wat ander glo
en
wat hul sing tog uit verlê -
misverstaan
ons nog aan ons vermoë.
Dat
alles wat vir ons so mooi
gedagtes
eenders vir hulle selde -
beteken
wat janrap ons nooi.
Is
die eindstryd maar dieselfde?
Kies hy tog verkeerde pad
sal
ons volg nog so verward -
en
wat ons doen en sê: naïef.
Is
vir ons die ewig’ dood gekies?
Al is
uniek tog dieselfde -
ignoreer
die Oud en volg jou helde.
Verveel
ons aan die Woord so aards -
Die
Begin en Einde ons ou maats.
}DieModerneGebod}
~Tinus
Pieterse 29 Augustus 2010
Lief het ek poësie, en ook so musiek,
lief het ek haar, so
is my triptiek .
Hemels is die roomys, al maak dit my siek,
val dit teen die aarde, stof en vloek verdriet.
Wil ek dít
uitsê en wedersyds herhaal?
Bewyse aan duisende nie barmhartig betaal.
Moet ek
rus, geniet ek tog werk,
binne ses dae sal ek my tuin nie kan bewerk.
So getrou bly ek, aan my pa en my ma,
en oumas en katte en honde daarby,
mag ek nie, my hond doodslaan:
byt hy kussings en gaste en my.
Nie sal ek my vroue verneuk,
steel ek tog, deur my oog se gleuf,
vang
hulle my met my uitkykers rooi,
sal ek sweer: daar is net één nooi.
Hunker ek wat môre bring;
vergeet ek van gister se buie.
Blink my buurman se kar wat sing,
knyp ek my oë toe, en bid vir my eie.
~Tinus Pieterse 30 Augustus 2010
{Die prysvansweet]
Spoeg en tou
die lewe vou
en sweet en kleef
aan stof wat leef
‘n buig ‘n steun
laas’ asem kreun
trek in, proes uit
profyt –
geen leun.
(VieR dag WeeK)
~Tinus Pieterse 31 Augustus 2010
Een
helder dag
twee
son’ wat skyn
teen
hemel-blik
aan
blou verstik.
Blink
donker nag
drie
wolk’ verskyn
die
maan skeur oop
vier
maal die pyn.
Vroegmôre
smag
oor
grasveld plein
vyf
voël’ wat sing
voor
ses nog bring.
Sew’
kleure trek
die
meeste mag
met
son wat rek
en
swaartekrag.
((Lisp
Liefde))
~Tinus
Pieterse 1 September 2010
Daar is
geen einde;
grensloos
my gees.
Onbeperkte
lyne;
so sag
nes vlees.
So is
my hart gesien deur blou:
so
sag-sag smoorverliefs
op jou.
Ver uit Parys.
~Tinus
Pieterse - 5 September 2010
Ontbind
alles wat Aarde is,
loop weg
van als kunsmatig is.
Bring
jouself in aangesig:
voor die
hemelruim vol kraters is.
Neem ons
na die Maan so ver:
heuwels
van geen teer tog grys,
‘n
langnaweek ver uit Parys,
waar tyd
nie sny so skerp soos skêre.
Vertel my
wat die Sterre is,
verduidelik
met geen einde nie.
Wys my
waar die seine is,
die lig
wat in die verre gis.
Skryf dit
op jou Hart’s gesag:
met ink
wat nooit jou bloed sal vlek,
met die
sagte lyne van jou nek,
en lippe
warm vol van smag.
- Temas:
- Liefde
- Avontuur
- Fantasie
- Hemelruim
Digters en gunsteling gedigte wat as inspirasie gedien het in hierdie tydperk was:
~Ernst van Heerden~
~N.P. van wyk Louw~
~D.J. Opperman~
Wat my deur die blog gekry het:
- Wie's Bang
- Marlboro Gold
- My Russel&Hobbs waaier (Dis 36 grade buite)