Laat die
silwer-blou deursigtig word
na die
skemerlig;
maan en wolk om ons vou.
Laat
wind en weer deur blare skeer
’n donker
warrelwind bring;
lug en vlug deur ons mou.
Laat ore
rustig spits, ons luister
om nag
geluid’ te hoor;
fluit en skrop ons oordrom klop.
Laat ons
sig geheimloos mik
verby
grys-inkblou iris;
vrees...
en vreug,
ons
in sluk.