~Tinus
Pieterse 17 Oktober 2011
Rusteloos,
onbeperkte
muse versadig my breinselle
wat deur
my jeug besoedel was,
is.
Vir al
die smarte van my oorspronklike
hart
word my
gedagtes versmet, maar net
weer
gevat.
Is daar.
Skaduwees
teen plafonne, mure en
geeste
en gatte
wat teen
my af gevaar het
deur
vrees en vlees verlate?
Ontwrig,
my
eerder weer later, o
Vader
is die
koeëlrond kring voltooi?
Tekens
van my onrus geleidelik,
verrig?
As dit
is,
neem nie
my hand
en lei
my sommer nie oor die rant
waar
gediertes my sal insluk van die kant
en,
vreemde blou
vlamme my longe invlug
waar
strawwe stukke my keel nie ontug.
Asseblief.
Neem my
eerder diep by my ooglede in,
waar
rooi riviere, geel-vorms en blou-gedagtes
danse
bring,
ligte
nag geluide oor my dromme saai
Waar,
maan
winde duidelik suid-noordelik
waai.